Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 17:8-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Dit was in ’n goeie land by baie waters geplant om ranke te maak en vrugte te dra, om ’n pragtige wingerdstok te word.

9. Sê: So spreek die Here Here: Sal dit voorspoedig wees? Sal hy nie die wortels daarvan uitruk en die vrugte daarvan afsny, sodat dit verdroog, ja, verdroog in al sy uitgespruite blaartjies nie? En dit nie deur ’n magtige arm en baie mense om dit van sy wortels af uit te lig nie.

10. Ja, kyk, dit is geplant — sal dit voorspoedig wees? Sal dit nie heeltemal verdroog as die oostewind hom aanraak, verdroog op die beddings waar dit uitgespruit het nie?

11. Daarna het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

12. Spreek tog met die wederstrewige huis: Weet julle nie wat hierdie dinge beteken nie? Sê: Kyk, die koning van Babel het na Jerusalem gekom en sy koning en sy vorste weggeneem en hulle na hom toe, na Babel gebring.

13. Toe het hy een uit die koninklike geslag geneem en met hom ’n verbond gesluit en hom ’n eed opgelê, maar die magtiges van die land het hy weggeneem;

14. sodat die koninkryk van geringe betekenis sou wees en hom nie sou verhef nie, maar dat dit, deur sy verbond te onderhou, in stand kon bly.

15. Maar hy het teen hom in opstand gekom deur sy gesante na Egipte te stuur, dat hulle hom perde en baie manskappe sou gee. Sal hy voorspoedig wees? Sal hy ontvlug wat sulke dinge doen? Sal hy die verbond verbreek en tog ontvlug?

16. So waar as Ek leef, spreek die Here Here, gewis, in die plek waar die koning woon wat hom koning gemaak het, wie se eed hy geminag en wie se verbond hy verbreek het, by hom, binne-in Babel, sal hy sterwe.

17. Ook sal Farao nie met hom saamspan in die oorlog met ’n groot leër en met baie mense nie, as hulle ’n wal opwerp en forte bou om baie siele uit te roei.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 17