Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 17:20-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. En Ek sal my net oor hom uitsprei, en in my strik sal hy gevang word; en Ek sal hom na Babel bring en daar met hom na die gereg gaan, weens die troubreuk wat hy teen My begaan het.

21. En al sy vlugtelinge in al sy leërs sal deur die swaard val, en die wat oorgebly het, sal na al die windstreke verstrooi word; en julle sal weet dat Ek, die Here, dit gespreek het.

22. So sê die Here Here: Dan sal Ek self van die verhewe top van die seder ’n steggie neem en dit insit — van die boonste van sy lootjies sal Ek ’n teer puntjie afpluk en self dit plant op ’n hoë en verhewe berg.

23. Op die hoë berg van Israel sal Ek dit plant, en dit sal takke voortbring en vrugte dra en ’n heerlike seder word, sodat al die voëls van allerhande vere daaronder kan woon; in die skaduwee van sy takke sal hulle woon.

24. En al die bome van die veld sal weet dat Ek, die Here, die hoë boom verneder, die nederige boom verhoog het; die groen boom laat verdroog en die droë boom laat bloei het. Ek, die Here, het dit gespreek en gedoen.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 17