Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 17:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:

2. Mensekind, gee ’n raaisel op aan die huis van Israel en dra ’n gelykenis voor

3. en sê: So spreek die Here Here: Die groot arend met groot vleuels, met lang vlerke, vol vere wat veelkleurig was, het na die Líbanon gekom en die top van die seder weggeneem.

4. Hy het die boonste van sy jong takkies afgepluk en dit na die koopmansland gebring; hy het dit neergesit in die stad van koopmans.

5. Hy het ook van die saad van die land geneem en dit in ’n saailand geplant; hy het dit na baie waters weggeneem, dit as oewergewas geplant.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 17