Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 15:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:

2. Mensekind, wat is die hout van die wingerdstok meer as al die hout — die wingerdrank wat onder die hout van die bos is?

3. Word daar hout van geneem om vir ’n stuk werk te gebruik? Of neem ’n mens daar ’n pen van om allerhande goed aan op te hang?

4. Kyk, dit is aan die vuur oorgegee om verteer te word; as die vuur sy twee ente verteer het en sy middelste stuk geskroei is, sal dit deug vir ’n stuk werk?

Lees volledige hoofstuk Eségiël 15