Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 11:22-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Toe het die gérubs hulle vlerke opgehef en die wiele gelyktydig met hulle saam, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was.

23. En die heerlikheid van die Here het opgestyg uit die stad uit weg en het gaan staan op die berg wat oos van die stad lê.

24. Daarna het die Gees my opgeneem en my, in ’n gesig deur die Gees van God, gebring na Chaldéa, na die ballinge; en die gesig wat ek gesien het, het van my af opgetrek.

25. En ek het aan die ballinge verkondig al die woorde van die Here wat Hy my laat sien het.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 11