Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 1:18-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. En hulle vellings — dié was hoog en dié was wonderbaar; en hulle vellings was by al vier rondom vol oë.

19. En as die wesens gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die wesens hulle van die grond af ophef, word die wiele opgehef.

20. Waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan in die rigting wat die gees wou gaan; en die wiele is gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wese was in die wiele.

21. As dié gaan, gaan hulle; en as dié bly staan, staan hulle; en as dié hulle van die grond af ophef, word die wiele gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wesens was in die wiele.

22. En oor die hoofde van die wesens was iets in die vorm van ’n uitspansel wat blink soos die wonderbare kristal, bo-oor hulle hoofde uitgesprei.

Lees volledige hoofstuk Eségiël 1