Ou Testament

Nuwe Testament

Eségiël 1:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde van die maand, toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was, is die hemele geopen en het ek gesigte van God gesien.

2. Op die vyfde van die maand — dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jójagin —

3. het die woord van die Here uitdruklik gekom tot Eségiël, die seun van Busi, die priester, in die land van die Chaldeërs, by die Kebarrivier; en die hand van die Here was daar op hom.

4. Toe het ek gekyk — en daar het ’n stormwind uit die noorde gekom, ’n groot wolk met onophoudelike vuur; en ’n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter.

5. En daaruit het die gestalte van vier wesens gekom, en dít was hulle voorkoms: hulle het die gestalte van ’n mens gehad;

6. en elkeen het vier aangesigte gehad en elkeen van hulle vier vlerke;

Lees volledige hoofstuk Eségiël 1