Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 7:11-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Hou dan die gebod en die insettinge en die verordeninge wat ek jou vandag beveel om dit te volbring.

12. En omdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en volbring, sal die Here jou God vir jou die verbond en die goedertierenheid hou wat Hy jou vaders besweer het;

13. en Hy sal jou liefhê en jou seën en jou vermenigvuldig, en Hy sal die vrug van jou liggaam seën en die vrugte van jou land, jou koring en jou mos en jou olie, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee, in die land wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee.

14. Geseënd sal jy wees bo al die volke; daar sal by jou geen man of vrou onvrugbaar wees nie, ook nie onder jou vee nie.

15. En die Here sal elke krankheid van jou wegneem en al die kwaai siektes van Egipte wat jy ken, nie op jou lê nie; maar Hy sal dit lê op almal wat jou haat.

16. En jy sal al die volke verteer wat die Here jou God aan jou oorgee; jou oog mag hulle nie verskoon nie, en jy mag hulle gode nie dien nie; want dit sal vir jou ’n strik wees.

17. As jy in jou hart dink: Hierdie nasies is meer as ek, hoe sou ek hulle kan verdrywe? —

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 7