Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 33:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN dit is die seën waarmee Moses, die man van God, die kinders van Israel geseën het voor sy dood.

2. En hy het gesê: Die Here het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom van heilige tienduisende af; aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle.

3. Ja, Hy het die stamme lief. Al sy heiliges — hulle is in u hand; en hulle was gelaer by u voet; elkeen ontvang iets van u uitsprake.

4. Moses het ons die wet beveel, ’n besitting vir die vergadering van Jakob.

5. En Hy het Koning geword in Jesúrun, toe die hoofde van die volk vergader het, die stamme van Israel almal saam.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 33