Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 30:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen die Here jou God jou verdryf het,

2. en jy jou tot die Here jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel,

3. dan sal die Here jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen die Here jou God jou verstrooi het.

4. Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die Here jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal.

5. En die Here jou God sal jou bring in die land wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit in besit neem; en Hy sal aan jou goed doen en jou vermenigvuldig meer as jou vaders.

6. En die Here jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die Here jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.

7. En die Here jou God sal al hierdie vloeke op jou vyande en op jou haters lê wat jou vervolg het.

8. Maar jý sal weer na die stem van die Here luister en al sy gebooie doen wat ek jou vandag beveel.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 30