Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 3:21-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Ook het ek Josua in dié tyd beveel en gesê: Jou oë het alles gesien wat die Here julle God aan hierdie twee konings gedoen het. So sal die Here aan al die koninkryke doen waarheen jy oortrek.

22. Julle moet vir hulle nie bang wees nie, want dit is die Here julle God wat vir julle stry.

23. Ook het ek die Here in dié tyd gesmeek en gesê:

24. Here, Here! Ú het begin om u kneg u grootheid en u sterke hand te laat sien; want watter God is daar in die hemel en op die aarde wat sulke werke en sulke magtige dade kan doen soos U?

25. Laat my tog oortrek en die mooi land sien wat oorkant die Jordaan lê, daardie goeie bergland en die Líbanon!

26. Maar die Here het toornig op my geword om julle ontwil en my nie verhoor nie; maar die Here het vir my gesê: Dit is nou genoeg! Moenie nog verder met My oor hierdie saak spreek nie.

27. Klim op die top van Pisga en slaan jou oë op na die weste en na die noorde en na die suide en na die ooste, en bekyk dit met jou oë; want jy mag oor hierdie Jordaan nie gaan nie.

28. Gee dan bevel aan Josua, en versterk hom en bemoedig hom, want hý sal voor hierdie volk uit deurtrek, en hý sal hulle die land wat jy sal sien, laat erwe.

29. En ons het in die dal teenoor Bet-Peor gebly.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 3