Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 28:15-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Maar as jy nie luister na die stem van die Here jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.

16. Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld.

17. Vervloek sal wees jou mandjie en jou bakskottel.

18. Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.

19. Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang.

20. Die Here sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het.

21. Die Here sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

22. Die Here sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom.

23. En jou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees.

24. Die Here sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 28