Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 28:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. AS jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.

2. En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die Here jou God.

3. Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.

4. Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.

5. Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.

6. Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.

7. Die Here sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 28