Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 27:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Moses het saam met die oudstes van Israel aan die volk bevel gegee en gesê: Onderhou al die gebooie wat ek julle vandag beveel.

2. En die dag as julle deur die Jordaan gaan in die land wat die Here jou God jou sal gee, moet jy vir jou groot klippe oprig en dit met kalk bestryk.

3. En jy moet as jy oortrek daarop skrywe al die woorde van hierdie wet, sodat jy kan kom in die land wat die Here jou God jou sal gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning, soos die Here, die God van jou vaders, jou beloof het.

4. As julle dan deur die Jordaan trek, moet julle hierdie klippe waaromtrent ek julle vandag bevel gee, op die berg Ebal oprig, en jy moet dit met kalk bestryk.

5. En jy moet daar vir die Here jou God ’n altaar bou, ’n altaar van klippe; jy mag geen yster daaroor swaai nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 27