Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 26:14-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Ek het daarvan in my rou nie geëet en daarvan as ’n onreine niks weggebring en daarvan aan ’n dooie niks gegee nie; ek het na die stem van die Here my God geluister; ek het gedoen net soos U my beveel het.

15. Kyk tog uit u heilige woning, uit die hemel, neer en seën u volk Israel en die land wat U ons gegee het, soos U aan ons vaders met ’n eed beloof het, ’n land wat oorloop van melk en heuning.

16. Vandag beveel die Here jou God jou om hierdie insettinge en verordeninge na te kom; onderhou dan en doen dit met jou hele hart en met jou hele siel.

17. Vandag het jy die Here laat verklaar dat Hy vir jou ’n God sal wees, en dat jy in sy weë moet wandel en sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge moet hou en na sy stem moet luister.

18. En die Here het jou vandag laat verklaar dat jy vir Hom ’n eiendomsvolk sal wees soos Hy jou beloof het, en dat jy al sy gebooie sal onderhou;

19. en dat Hy jou dan die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot ’n lof en ’n roem en ’n sieraad, en dat jy ’n heilige volk aan die Here jou God sal wees soos Hy beloof het.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 26