Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 23:16-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Hy moet by jou bly, in jou midde, in die plek wat hy in een van jou poorte uitkies, waar dit vir hom goed is; jy mag hom nie verdruk nie.

17. Daar mag geen hoer uit die dogters van Israel wees nie; en daar mag geen skandseun uit die seuns van Israel wees nie.

18. Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die huis van die Here jou God as enige gelofte offer bring nie; want dié altwee is vir die Here jou God ’n gruwel.

19. Jy mag jou broer geen rente oplê nie, rente van geld, rente van eetware, rente van enigiets wat ’n mens teen rente uitleen nie.

20. Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie, sodat die Here jou God jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

21. As jy aan die Here jou God ’n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die Here jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.

22. Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.

23. Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die Here jou God vrywillig beloof het — wat jy met jou mond gespreek het.

24. As jy in die wingerd van jou naaste kom, mag jy na hartelus volop druiwe eet, maar in jou tas mag jy niks steek nie.

25. As jy in die ongesnyde graan van jou naaste kom, mag jy met jou hand are afpluk; maar ’n sekel mag jy nie swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 23