Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 20:9-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. En as die opsigters die volk klaar toegespreek het, moet leërowerstes aan die hoof van die volk aangestel word.

10. As jy naby ’n stad kom om daarteen te veg, moet jy dit vrede aanbied.

11. En as dit jou ’n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat daarin gevind word, aan jou dienspligtig wees en jou dien.

12. Maar as dit geen vrede met jou sluit nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit beleër.

13. En die Here jou God sal dit in jou hand gee, en jy moet al die manne daarin met die skerpte van die swaard verslaan;

14. net die vroue en die kinders en die vee en alles wat in die stad is — die hele buit moet jy vir jou roof; en jy moet die buit van jou vyande eet wat die Here jou God jou gegee het.

15. So moet jy met al die stede maak wat baie ver van jou af is, wat nie by die stede van hierdie nasies behoort nie.

16. Maar van die stede van hierdie volke wat die Here jou God jou as erfenis sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie.

17. Maar jy moet hulle heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete en Amoriete, die Kanaäniete en Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos die Here jou God jou beveel het;

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 20