Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 16:6-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Maar op die plek wat die Here jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, moet jy die pasga slag, in die aand teen sononder, op die tyd van jou uittog uit Egipte.

7. Dan moet jy dit kook en eet op die plek wat die Here jou God sal uitkies; daarna moet jy in die môre omdraai en na jou tente gaan.

8. Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar ’n feestyd vir die Here jou God; dan mag jy geen werk doen nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 16