Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 14:11-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Al die rein voëls mag julle eet.

12. Maar dít is wat julle uit hulle nie mag eet nie: die arend en die lammervanger en die aasvoël;

13. en die kuikendief en die valk en die gier na sy soorte;

14. en elke kraai na sy soorte;

15. en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk na sy soorte;

16. en die steenuil en die steunuil en die silweruil;

17. en die pelikaan en die kleinaasvoël en die visvanger;

18. en die groot-sprinkaanvoël en die reier na sy soorte, en die hoep-hoep en die vlermuis.

19. En al die insekte met vlerke moet vir julle onrein wees; hulle mag nie geëet word nie.

20. Al die rein voëls mag julle eet.

21. Julle mag geen aas eet nie; vir die vreemdeling wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan ’n uitlander verkoop; want jy is ’n heilige volk aan die Here jou God. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.

22. JY moet noukeurig die hele opbrings van jou saad — wat jaar vir jaar uit die land uitspruit — vertien.

23. En jy moet voor die aangesig van die Here jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om die Here jou God altyd te vrees.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 14