Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 13:15-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. dan moet jy die inwoners van dié stad sekerlik verslaan met die skerpte van die swaard deur dit met die banvloek te tref en alles wat daarin is, ook die vee, met die skerpte van die swaard.

16. En al die buit daarvan moet jy op die stadsplein bymekaarbring en die stad en al die buit as voloffer met vuur verbrand aan die Here jou God; en dit moet vir ewig ’n puinhoop wees, dit mag nie weer opgebou word nie.

17. Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie, sodat die Here Hom van die gloed van sy toorn kan afwend en aan jou barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het —

18. as jy luister na die stem van die Here jou God om al sy gebooie te hou wat ek jou vandag beveel, deur te doen wat reg is in die oë van die Here jou God.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 13