Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 11:7-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. maar julle eie oë het gesien al die groot werke wat die Here gedoen het.

8. Onderhou dan al die gebooie wat ek jou vandag beveel, dat julle sterk kan wees en inkom en die land in besit neem waarheen julle oortrek om dit in besit te neem,

9. en dat julle die dae kan verleng in die land wat die Here aan julle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle en hul nageslag te gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning.

10. Want die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, is nie soos Egipteland waar julle uitgetrek het, wat jy met jou saad besaai en met jou voet, soos ’n groentetuin, natgelei het nie.

11. Maar die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem, is ’n land van berge en laagtes wat van die reën van die hemel water drink;

12. ’n land waar die Here jou God voor sorg; die oë van die Here jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 11