Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronómium 1:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIT is die woorde waarmee Moses die hele Israel toegespreek het oos van die Jordaan in die woestyn, in die Vlakte teenoor Suf, tussen Paran en Tofel en Laban en Háserot en Di-Sahab.

2. Elf dae is die pad van Horeb af na die gebergte Seïr tot by Kades-Barnéa.

3. En in die veertigste jaar, in die elfde maand, op die eerste van die maand, het Moses met die kinders van Israel gespreek net soos die Here ten opsigte van hulle aan hom bevel gegee het;

Lees volledige hoofstuk Deuteronómium 1