Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 8:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DÍT het die Here Here my laat sien — kyk, daar was ’n mandjie met somervrugte.

2. En Hy sê: Wat sien jy, Amos? En ek antwoord: ’n Mandjie met somervrugte. Toe sê die Here vir my: Die einde het vir my volk Israel gekom; Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.

3. En die liedere van die paleis sal in dié dag weeklaag, spreek die Here Here: ’n menigte lyke; hulle gooi dit oral neer. Stilte!

4. Hoor dit, julle wat die behoeftige vertrap en daarop uit is om die ootmoediges van die land uit te roei,

5. deur te sê: Wanneer is die nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die sabbat, sodat ons die graanskuur kan oopsluit — om die efa te verklein en die sikkel te vergroot en bedrieglik te handel met ’n valse weegskaal;

6. om die armes vir geld te koop en die behoeftige vir ’n paar skoene; ook die afval van die koring sal ons verkoop.

7. Die Here het gesweer by die hoogheid van Jakob: Gewis, Ek sal in ewigheid nie een van hulle werke vergeet nie.

8. Moet hieroor die aarde nie bewe en elke inwoner daarvan nie treur nie? Ja, dit sal oprys in sy geheel soos die Nyl en onstuimig opkook en wegsak soos die rivier van Egipte.

9. En in dié dag, spreek die Here Here, laat Ek die son op die middag ondergaan en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is.

Lees volledige hoofstuk Amos 8