Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 6:5-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Wat liedjies sing met begeleiding van die harp, wat net soos Dawid vir hulle musiekinstrumente uitdink!

6. Wat uit offerkomme wyn drink en hulle met die beste soorte olie salf, maar hulle nie oor die verbreking van Josef bekommer nie.

7. Daarom sal hulle nou op die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan, en daar sal ’n end kom aan die rumoerige gejubel van die leeglêers.

8. Die Here Here het by Homself gesweer, spreek die Here, die God van die leërskare: Ek het ’n afsku van die trotsheid van Jakob en haat sy paleise; daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.

9. En as daar tien man in een huis oorgebly het, sal hulle sterwe.

10. En wanneer iemand se bloedverwant, die een wat hom wil verbrand, hom optel om die bene uit die huis te verwyder, en aan iemand wat in die agterste vertrekke is, sê: Is daar nog iemand by jou? en hy antwoord: Nee — dan sal die eerste sê: Bly stil, want dit is nie gepas om die Naam van die Here te vermeld nie!

11. Want kyk, die Here gee bevel, en hulle slaan die groot huis tot ’n puinhoop en die klein huis tot splinters.

12. Kan perde draf op rotse, of kan ’n mens met osse daarop ploeë? — dat julle die reg in gif verander en die vrug van geregtigheid in wildeals.

Lees volledige hoofstuk Amos 6