Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 6:2-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Trek deur na Kalne en kyk, gaan van daar na Hamat, die groot stad, en trek af na Gat van die Filistyne! Is hulle beter as hierdie koninkryke? Of is hulle grondgebied groter as julle grondgebied? —

3. julle wat die dag van onheil veraf stel en die setel van geweld nader skuiwe!

4. Wat op bedde van ivoor lê en uitgestrek lê op hulle rusbanke en die lammers van die kleinvee en die kalwers uit die stal eet!

5. Wat liedjies sing met begeleiding van die harp, wat net soos Dawid vir hulle musiekinstrumente uitdink!

6. Wat uit offerkomme wyn drink en hulle met die beste soorte olie salf, maar hulle nie oor die verbreking van Josef bekommer nie.

7. Daarom sal hulle nou op die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan, en daar sal ’n end kom aan die rumoerige gejubel van die leeglêers.

8. Die Here Here het by Homself gesweer, spreek die Here, die God van die leërskare: Ek het ’n afsku van die trotsheid van Jakob en haat sy paleise; daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.

9. En as daar tien man in een huis oorgebly het, sal hulle sterwe.

Lees volledige hoofstuk Amos 6