Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 6:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WEE die gerustes in Sion en die sorgelose op die berg van Samaría, die vernames van die eerste onder die nasies, na wie die huis van Israel kom!

2. Trek deur na Kalne en kyk, gaan van daar na Hamat, die groot stad, en trek af na Gat van die Filistyne! Is hulle beter as hierdie koninkryke? Of is hulle grondgebied groter as julle grondgebied? —

3. julle wat die dag van onheil veraf stel en die setel van geweld nader skuiwe!

4. Wat op bedde van ivoor lê en uitgestrek lê op hulle rusbanke en die lammers van die kleinvee en die kalwers uit die stal eet!

5. Wat liedjies sing met begeleiding van die harp, wat net soos Dawid vir hulle musiekinstrumente uitdink!

Lees volledige hoofstuk Amos 6