Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 3:3-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het?

4. Sal ’n leeu brul in die woud as hy geen prooi het nie? Sal ’n jong leeu sy stem uit sy lêplek laat hoor as hy niks gevang het nie?

5. Sal ’n voël in ’n net val op die grond as daar vir hom geen strik gestel is nie? Sal ’n wip van die grond af opspring as dit glad nie gevang het nie?

6. Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? Sal daar ’n onheil in die stad voorval as die Here dit nie bewerk het nie?

7. Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.

Lees volledige hoofstuk Amos 3