Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 3:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HOOR hierdie woord wat die Here oor julle gespreek het, o kinders van Israel, oor die hele geslag wat Ek uit Egipteland laat optrek het, naamlik:

2. Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde; dáárom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.

3. Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het?

4. Sal ’n leeu brul in die woud as hy geen prooi het nie? Sal ’n jong leeu sy stem uit sy lêplek laat hoor as hy niks gevang het nie?

Lees volledige hoofstuk Amos 3