Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 2:11-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. En Ek het uit julle seuns profete en uit julle jongelinge nasireërs verwek. Is dit nie so nie, o kinders van Israel? spreek die Here.

12. Maar julle het die nasireërs wyn laat drink en aan die profete bevel gegee en gesê: Julle mag nie profeteer nie!

13. Kyk, Ek laat dit onder julle kraak, soos ’n wa kraak wat vol gerwe is;

14. sodat die wat gou is, nie kan ontvlug nie, en die sterke sy krag nie kan ontwikkel en die held sy lewe nie kan red nie.

15. En die boogskutter sal nie bly staan en die wat gou is op sy voete, nie vrykom nie, en die perderuiter sal sy lewe nie red nie.

16. En die dapperste onder die helde sal op dié dag naak wegvlug, spreek die Here.

Lees volledige hoofstuk Amos 2