Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 8:14-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. En Dawid het wagposte in Edom uitgesit, in die hele Edom het hy wagposte uitgesit, en al die Edomiete het Dawid se knegte geword; en die Here het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.

15. En Dawid het oor die hele Israel geregeer, en Dawid het aan sy hele volk reg en geregtigheid gedoen.

16. En Joab, die seun van Serúja, was oor die leër; en Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.

17. En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Ábjatar, was priesters, en Serája was skrywer.

18. En Benája, die seun van Jójada, was oor die Kreti en die Pleti, en die seuns van Dawid was priesters.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 8