Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 5:10-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En Dawid het gedurigdeur groter geword, en die Here, die God van die leërskare, was met hom.

11. Toe stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en skrynwerkers en klipkappers, en hulle het vir Dawid ’n huis gebou.

12. So het Dawid dan gewaar geword dat die Here hom as koning oor Israel bevestig en sy koningskap verhef het ter wille van sy volk Israel.

13. En Dawid het uit Jerusalem meer byvroue en vroue geneem, nadat hy uit Hebron gekom het; en vir Dawid is meer seuns en dogters gebore.

14. En dit is die name van die wat vir hom in Jerusalem gebore is: Sámmua en Sobab en Natan en Salomo,

15. en Jibhar en Elisúa en Nefeg en Jáfia,

16. en Elisáma en Éljada en Elifélet.

17. Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek, maar Dawid het dit gehoor en afgetrek na die bergvesting.

18. En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 5