Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 5:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE kom al die stamme van Israel na Dawid in Hebron, en hulle spreek en sê: Hier is ons, u been en u vlees is ons!

2. Gister sowel as eergister toe Saul koning oor ons was, het ú Israel uit- en ingelei; en die Here het aan u gesê: Jý moet my volk Israel oppas, en jý moet ’n vors wees oor Israel.

3. So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom; en koning Dawid het met hulle ’n verbond in Hebron gesluit voor die aangesig van die Here, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf.

4. Dertig jaar was Dawid oud toe hy koning geword het; veertig jaar het hy geregeer.

5. In Hebron het hy oor Juda sewe jaar en ses maande geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig jaar oor die hele Israel en Juda geregeer.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 5