Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 5:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE kom al die stamme van Israel na Dawid in Hebron, en hulle spreek en sê: Hier is ons, u been en u vlees is ons!

2. Gister sowel as eergister toe Saul koning oor ons was, het ú Israel uit- en ingelei; en die Here het aan u gesê: Jý moet my volk Israel oppas, en jý moet ’n vors wees oor Israel.

3. So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom; en koning Dawid het met hulle ’n verbond in Hebron gesluit voor die aangesig van die Here, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf.

4. Dertig jaar was Dawid oud toe hy koning geword het; veertig jaar het hy geregeer.

5. In Hebron het hy oor Juda sewe jaar en ses maande geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig jaar oor die hele Israel en Juda geregeer.

6. Toe die koning met sy manne na Jerusalem wegtrek teen die Jebusiete, die bewoners van die land, het hulle met Dawid gespreek en gesê: Jy sal hier nie inkom nie, maar die blindes en lammes sal jou verdrywe — dit wil sê: Dawid sal hier nie inkom nie.

7. Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem; dit is die stad van Dawid.

8. En Dawid het daardie dag gesê: Elkeen wat ’n Jebusiet verslaan, laat hom in die waterkanaal neerwerp die lammes sowel as die blindes, van wie Dawid se siel ’n afkeer het! Daarom sê hulle: ’n Blinde en ’n lamme mag nie in die huis kom nie.

9. En Dawid het in die bergvesting gaan woon en dit die stad van Dawid genoem; en Dawid het rondom, van Millo af na die binnekant, gebou.

10. En Dawid het gedurigdeur groter geword, en die Here, die God van die leërskare, was met hom.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 5