Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 23:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN dit is die laaste woorde van Dawid: Dawid spreek, die seun van Ísai, en die man wat hoog geplaas was, spreek, die gesalfde van die God van Jakob en die lieflike in die sange van Israel:

2. Die Gees van die Here spreek in my, en sy woord is op my tong.

3. Die God van Israel het gesê, die Rots van Israel het tot my gespreek: ’n Heerser oor mense, ’n regverdige, ’n heerser in die vrees van God,

4. is soos die môrelig by sonsopgang, ’n môre sonder wolke as deur die glans ná die reën grasspruitjies uit die aarde uitkom.

5. Want is my huis nie so by God nie? Want Hy het ’n ewige verbond vir my daargestel wat in alles gereël en verseker is; want al my heil en alle welgevalle, ja, sal Hy dit nie laat uitspruit nie?

6. Maar deugniete, hulle almal is soos weggegooide dorings, want ’n mens vat dit nie met die hand nie;

7. en elkeen wat hulle wil aanraak, wapen homself met ’n yster of die steel van ’n spies, en met vuur word hulle op daardie plek heeltemal verbrand.

8. DIT is die name van die helde wat Dawid gehad het: Joseb-Bassebet, ’n Tagkemoniet, die hoof van die adjudante; hy was Adino, die Esniet, teen agthonderd wat op een keer gesneuwel het.

9. En ná hom was Eleásar, die seun van Dodo, die Ahohiet, onder die drie helde by Dawid; toe hulle die Filistyne uitgedaag het wat daar bymekaar was om te veg, en die manne van Israel weggetrek het,

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 23