Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 22:47-51 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

47. Die Here leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God wat die rots is van my heil!

48. Die God wat my die wraak gee en volke onder my neerwerp;

49. en wat my uitlei onder my vyande uit; ja, U verhef my bo my teëstanders, U bevry my van die man van geweld.

50. Daarom wil ek U loof, o Here, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing;

51. Hy is dit wat die verlossing van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aan sy gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 22