Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 22:23-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. Want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge — daar het ek nie van afgewyk nie.

24. Maar ek was opreg voor Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.

25. So het die Here my dan vergelde na my geregtigheid, na my reinheid voor sy oë.

26. By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,

27. by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.

28. En U verlos die verdrukte volk, maar u oë is teen die hoogmoediges; U verneder hulle.

29. Want U is my lamp, o Here! En die Here laat my duisternis opklaar.

30. Want met U loop ek ’n bende storm, met my God spring ek oor ’n muur.

31. Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is ’n skild vir almal wat by Hom skuil.

32. Want wie is God buiten die Here, en wie ’n rots buiten onse God?

33. Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my ’n weg volkomelik uitgesoek.

34. Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes.

35. Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms ’n koperboog span.

36. En U het my die skild van u uitredding gegee, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 22