Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 22:19-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Hulle het my oorval op die dag van my nood, maar die Here was my steun.

20. En Hy het my uitgelei in die ruimte, Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.

21. Die Here het met my gehandel na my geregtigheid; na die reinheid van my hande het Hy my vergelde.

22. Want ek het die weë van die Here gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie.

23. Want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge — daar het ek nie van afgewyk nie.

24. Maar ek was opreg voor Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.

25. So het die Here my dan vergelde na my geregtigheid, na my reinheid voor sy oë.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 22