Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 22:14-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Uit die hemel het die Here gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor.

15. En Hy het pyle uitgestuur en hulle verstrooi, bliksems en hulle verwar.

16. En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld is blootgelê, deur die dreiging van die Here, vanweë die geblaas van die wind van sy neus.

17. Uit die hoogte het Hy sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, my uit groot waters getrek.

18. Hy het my verlos van my magtige vyand, van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.

19. Hulle het my oorval op die dag van my nood, maar die Here was my steun.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 22