Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 11:17-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. En toe die manne van die stad uittrek en met Joab veg, het daar van die manskappe, van die dienaars van Dawid, geval, en Uría, die Hetiet, het ook gesterwe.

18. Daarop stuur Joab om Dawid die hele beloop van die geveg mee te deel.

19. En hy gee die boodskapper bevel en sê: Net soos jy die hele beloop van die geveg aan die koning klaar vertel het —

20. as dan die woede van die koning opkom en hy vir jou sê: Waarom het julle so naby die stad gekom om te veg? Het julle dan nie geweet dat hulle bo van die muur af sou skiet nie?

21. Wie het Abiméleg, die seun van Jerubbéset, verslaan? Het nie ’n vrou bo van die muur af ’n boonste meulsteen op hom gegooi, sodat hy in Tebes gesterf het nie? Waarom het julle so naby die muur gekom? — dan moet jy sê: U dienaar Uría, die Hetiet, is ook dood!

22. En die boodskapper het gegaan en aangekom en aan Dawid alles vertel wat Joab hom opgedra het.

23. Die boodskapper het naamlik aan Dawid gesê: Die manne was vir ons te sterk en het teen ons uitgetrek die veld in, maar ons het hulle teruggedruk tot by die ingang van die poort.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 11