Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 11:14-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. En in die môre skrywe Dawid ’n brief aan Joab en stuur dit met Uría weg.

15. En hy het in die brief geskrywe en gesê: Sit Uría op die voorpunt van die hewigste geveg; trek julle dan agter hom terug, dat hy in die slag kan sneuwel.

16. So het Joab dan, terwyl hy die stad verken, Uría op ’n plek gesit waarvan hy geweet het dat daar dapper manne was.

17. En toe die manne van die stad uittrek en met Joab veg, het daar van die manskappe, van die dienaars van Dawid, geval, en Uría, die Hetiet, het ook gesterwe.

18. Daarop stuur Joab om Dawid die hele beloop van die geveg mee te deel.

19. En hy gee die boodskapper bevel en sê: Net soos jy die hele beloop van die geveg aan die koning klaar vertel het —

20. as dan die woede van die koning opkom en hy vir jou sê: Waarom het julle so naby die stad gekom om te veg? Het julle dan nie geweet dat hulle bo van die muur af sou skiet nie?

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 11