Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 1:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ná die dood van Saul, toe Dawid terug was van die verslaan van die Amalekiete en Dawid twee dae in Siklag gebly het,

2. kom daar op die derde dag ’n man uit die leër, van Saul af, met geskeurde klere en grond op sy hoof. En toe hy by Dawid kom, val hy op die grond en buig hom neer.

3. En Dawid sê vir hom: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord hom: Ek het ontvlug uit die leër van Israel.

4. Verder sê Dawid vir hom: Wat het gebeur? Vertel my tog. Toe antwoord hy: Die manskappe het uit die geveg gevlug, en baie van die manskappe het ook geval en gesterwe; ja, ook Saul en sy seun Jónatan is dood.

5. En Dawid vra die jongman wat hom die boodskap gebring het: Hoe weet jy dat Saul en sy seun Jónatan dood is?

6. Daarop sê die jongman wat hom die boodskap gebring het: Ek was bygeval op die gebergte Gilbóa, en kyk, Saul het op sy spies geleun, terwyl die strydwaens en perderuiters hom agternasit;

7. en hy het agter hom omgekyk en my gesien en my geroep, en ek het gesê: Hier is ek.

8. Toe vra hy my: Wie is jy? En ek antwoord hom: Ek is ’n Amalekiet.

9. Daarop sê hy vir my: Kom staan tog by my en maak my van kant, omdat ’n duiseling my bevang het; want my lewe is nog heeltemal in my.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 1