Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 9:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor, het sy, ten einde Salomo in Jerusalem met raaisels op die proef te stel, gekom met ’n baie groot trek en kamele wat speserye en goud in menigte en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was.

2. En Salomo het haar al haar woorde verklaar; en geen woord was vir Salomo te diepsinnig om haar dit te verklaar nie.

3. Toe die koningin van Skeba dan die wysheid van Salomo sien en die huis wat hy gebou het,

4. en die voedsel van sy tafel, en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere en sy dranke en hulle klere, en sy trap waarmee hy opklim na die huis van die Here, was daar in haar geen gees meer nie.

5. Daarop sê sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u sake en oor u wysheid.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 9