Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 8:14-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Ook het hy volgens die voorskrif van sy vader Dawid vir die afdelings van die priesters hulle dienswerk vasgestel; en vir die Leviete hulle ampspligte, om God te prys en te dien voor die priesters na die eis van elke dag; en vir die poortwagters volgens hulle afdelings vir elke poort; want so was die gebod van Dawid, die man van God.

15. En hulle het in geen enkele opsig afgewyk van die gebod van die koning oor die priesters en die Leviete en ten opsigte van die skatkamers nie.

16. So het dan al die werk van Salomo tot stand gekom van die dag af dat die huis van die Here gegrondves is tot sy voltooiing toe: die huis van die Here was voltooi.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 8