Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 6:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE het Salomo gesê: Die Here het gesê dat Hy in donkerheid wil woon.

2. Maar ék het vir U ’n woonhuis gebou, en ’n vaste plek vir U om ewig in te bly.

3. Daarop draai die koning sy aangesig om en seën die hele vergadering van Israel, terwyl die hele vergadering van Israel staan.

4. En hy sê: Geloofd sy die Here, die God van Israel, wie se hande volbring het wat sy mond tot my vader Dawid gespreek en gesê het:

5. Van die dag af dat Ek my volk uit Egipteland uitgelei het, het Ek geen stad verkies uit al die stamme van Israel om ’n huis te bou, dat my Naam daar sou wees nie; en Ek het geen man verkies om vors oor my volk Israel te wees nie.

6. Maar Ek het Jerusalem verkies, dat my Naam daar sou wees, en Ek het Dawid verkies om oor my volk Israel te wees.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 6