Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 5:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE al die werk gereed was wat Salomo vir die huis van die Here gedoen het, het Salomo die heilige gawes van sy vader Dawid ingebring, die silwer sowel as die goud, en al die voorwerpe het hy in die skatkamers van die huis van God neergesit.

2. EN Salomo het die oudstes van Israel en al die stamhoofde, die familie-owerstes van die kinders van Israel, in Jerusalem bymekaar laat kom om die verbondsark van die Here uit die stad van Dawid, dit is Sion, opwaarts te bring.

3. En al die manne van Israel het by die koning saamgekom op die fees, dit was die sewende maand.

4. Toe al die oudstes van Israel daar kom, het die Leviete die ark opgeneem

5. en die ark en die tent van samekoms met al die heilige voorwerpe wat in die tent was, gebring; die Levitiese priesters het dit opwaarts gebring.

6. En toe koning Salomo en die hele vergadering van Israel wat by hom byeen was, voor die ark staan, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie.

7. Verder het die priesters die verbondsark van die Here na sy plek in die binneste vertrek van die huis, in die Allerheiligste, gebring, onder die vlerke van die gérubs in.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 5