Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 4:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER het hy ’n koperaltaar gemaak; twintig el was sy lengte en twintig el sy breedte en tien el sy hoogte.

2. Hy het ook die see gemaak van gietwerk; van rand tot rand was tien el, heeltemal rond; en die hoogte daarvan was vyf el, en ’n lyn van dertig el kon dit rondom omspan.

3. En daar onderaan het afbeeldings van kolokwinte dit heeltemal rondom omring — tien op ’n el; hulle het die see rondom omgewe, twee rye kolokwinte, daarmee saam uit een stuk gegiet.

4. Dit het gestaan op twaalf beeste: drie kyk na die noorde, en drie kyk na die weste, en drie kyk na die suide, en drie kyk na die ooste toe; en die see was bo-op hulle, en al hulle agterdele binnekant toe.

5. En die dikte daarvan was ’n handbreedte, en sy rand was in die vorm van ’n bekerrand, soos ’n lelieblom; wat die inhoud betref, het dit drieduisend bat gehou.

6. En hy het tien waskomme gemaak en vyf regs en vyf links gesit om in te was; die gereedskap van die brandoffer moes hulle daarin afspoel, maar die see was vir die priesters om daarin te was.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 4