Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 36:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die volk van die land het Jóahas, die seun van Josía, geneem en hom koning gemaak in die plek van sy vader in Jerusalem.

2. Drie-en-twintig jaar was Jóahas oud toe hy koning geword het, en drie maande het hy in Jerusalem geregeer.

3. En die koning van Egipte het hom in Jerusalem afgesit en die land ’n boete opgelê van honderd talente silwer en ’n talent goud.

4. Daarop het die koning van Egipte sy broer Éljakim koning gemaak oor Juda en Jerusalem en sy naam verander in Jójakim; maar Nego het sy broer Jóahas saamgeneem en hom na Egipte gebring.

5. Vyf-en-twintig jaar was Jójakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here sy God.

6. Nebukadnésar, die koning van Babel, het teen hom opgetrek en hom met koperkettings geboei om hom na Babel te vervoer.

7. Ook van die voorwerpe van die huis van die Here het Nebukadnésar na Babel gebring en dit in sy tempel in Babel gesit.

8. Die verdere geskiedenis van Jójakim en sy gruwels wat hy bedryf het, en wat verder by hom gevind is, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda; en sy seun Jójagin het in sy plek koning geword.

9. Agttien jaar was Jójagin oud toe hy koning geword het, en drie maande en tien dae het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here.

10. By die wisseling van die jaar het koning Nebukadnésar gestuur en hom na Babel laat bring, saam met die kosbare voorwerpe van die huis van die Here, en sy broer Sedekía koning oor Juda en Jerusalem gemaak.

11. EEN-EN-TWINTIG jaar was Sedekía oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 36