Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 17:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN sy seun Jósafat het in sy plek koning geword en hom versterk teen Israel.

2. En hy het ’n leërmag in al die versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land Juda opgestel en in die stede van Efraim wat sy vader Asa ingeneem het.

3. En die Here was met Jósafat, want hy het in die vroeëre weë van sy vader Dawid gewandel en die Baäls nie gesoek nie,

4. maar die God van sy vader gesoek en in sy gebooie gewandel en nie gedoen soos Israel nie.

5. Daarom het die Here die koningskap in sy hand bevestig; en die hele Juda het aan Jósafat geskenke gegee, sodat hy rykdom en eer in oorvloed gehad het.

6. En sy hart het moedig geword in die weë van die Here, en verder het hy die hoogtes en die heilige boomstamme uit Juda verwyder.

7. En in die derde jaar van sy regering het hy sy owerstes Ben-Hail en Obádja en Sagaría en Netáneël en Migája gestuur om in die stede van Juda onderrig te gee;

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 17