Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 16:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN die ses-en-dertigste jaar van die regering van Asa het Baésa, die koning van Israel, opgetrek teen Juda en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van Juda, te laat uit- of ingaan nie.

2. Toe bring Asa silwer en goud uit die skatkamers van die huis van die Here en van die huis van die koning en stuur dit na Bénhadad, die koning van Aram, wat in Damaskus gewoon het, om te sê:

3. Daar is ’n verbond tussen my en u, en tussen my vader en u vader; kyk, ek stuur u silwer en goud; gaan verbreek u verbond met Baésa, die koning van Israel, dat hy kan optrek weg van my af.

4. En Bénhadad het geluister na koning Asa en die owerstes van sy leërmagte gestuur teen die stede van Israel, en hulle het Ijon en Dan en Abel-Máim en al die voorraadstede van Náftali verwoes.

5. En sodra Baésa dit hoor, het hy opgehou om Rama te bou en sy werk gestaak.

6. Toe neem koning Asa die hele Juda, en hulle het die klippe en balke van Rama, waarmee Baésa gebou het, weggedra; en hy het daarmee Geba en Mispa gebou.

7. En in dié tyd het die siener Hanáni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die Here u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak.

8. Was die Kusiete en die Líbiërs nie ’n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die Here gesteun het;

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 16