Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 15:16-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Ja, selfs het hy Máäga, die moeder van koning Asa, afgesit as gebiedster, omdat sy ’n afgryslike voorwerp vir Asjéra gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en stukkend gestamp en in die dal Kidron verbrand.

17. Die hoogtes is wel nie uit Israel verwyder nie, maar Asa se hart was volkome al sy dae.

18. En hy het die heilige gawes van sy vader en sy eie heilige gawes in die huis van God ingebring: silwer en goud en allerhande voorwerpe.

19. En daar was geen oorlog tot in die vyf-en-dertigste jaar van die regering van Asa nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 15